Piet Kruger sterf op 100-jarige ouderdom
Nigel Tuiste vir Bejaardes se oudste inwoner Piet Kruger, is op 6 Julie na 'n kort siekbed oorlede.

Piet Kruger is op 5 November 1917 gebore en sou vanjaar die 100-merk verbygesteek het .
Hy was sedert die vyftigjare as bouer in die dorp bekend en gedurende die sewentigerjare was hy ook by die Hartebeespoortdam-projek betrokke.
Uit sy huwelik met Martha is vier dogters en twee seuns gebore. Sy vrou is in 1988 oorlede. Piet het ook 18 kleinkinders, 24 agterkleinkinders en twee agter-agterkleinkinders.
Piet het graag sy hand by plaaslike projekte gevoeg om ‘n verskil in die lewens van ander te maak en sy selfgemaakte houtspeelgoed was ‘n gewilde item by die Tuiste vir Bejaardes se jaarlikse kermis. Sy kamer was ook volgepak met items wat wissel van bedlampe, koffietafels, houtkissies en speelgoed wat hy tydens sy verblyf by die tuiste gemaak het.
Tydens sy verblyf by die tuiste het hy sterk vriendskapbande gesmee en ook diep in die harte van personeel en bestuur gekruip. Volgens sy dogter Liefie was Piet ‘n lewenslustige en gesonde mens maar het sy gesondheid oor die afgelope ses maande versleg.
Tydens sy eeufeesherdenking verlede jaar, het Piet ‘n pretloop van ongeveer 1km aangedurf om fondse vir die tuiste in te samel.
HERAUT het die groot makietie op 4 November bygewoon waartydens vriende, familie en mede-inwoners hul drafskoene aangetrek het om dié doel te ondersteun.

Hy laat sy seun Hennie, dogters Liefie, Meisie en Hanna agter.
‘n Roudiens word op 12 Julie om 11:00 by die Nederduitch Hervormde Kerk (hoek van Somersetstraat en Eeufeeslaan) gehou word. Die diens word deur Ds Guillaume Rocher waargeneem, waarna Prof Samie de Jager ‘n spesiale huldeblyk aan Piet sal lewer.
Onthou om HERAUT op die volgende sosiale media skakels te volg: