Local newsNews

Geen klagtes vir 96-jarige Miemie

Die geheim om op 96-jarige ouderdom blakend gesond te wees, lê volgens Miemie Bezuidenhout in geloof opgesluit.

Miemie is op 31 Julie 1922 op die plaas Zoetfontein in die Warden distrik gebore waarna sy as jongste van sewe kinders in Reitz grootgeword het.

Na voltooiing van haar hoërskoolloopbaan het sy haar man Frikkie ontmoet en hulle het tot en met sy afsterwe talle besighede in die dorp bedryf.

Slegs een seun, Wynand, is uit hul huwelik gebore. Na die afsterwe van haar man het sy na Vereeniging verhuis en het ‘n paar jaar gelede haar intrek by Heidelberg Vereniging vir Bejaardes geneem. Bedags hou sy haarself met blokraaie en die lees van kortverhale en boeke besig, maar sê as jong meisie was sy aktief by sport soos netbal en tennis betrokke.

Sy woon die weeklikse biduur by Suikerbosoord Dienssentrum by en sê sy geniet die rustigheid van Heidelberg en die omgewing waarin sy haar bevind. Wynand en haar ses kleinkinders is gereelde besoekers en haar gesig helder op wanneer sy oor hul besoeke gesels.

“Die Here was nog altyd goed vir my. Ek ly aan geen noemenswaardige kwale nie en beweeg gemaklik met die hulp van my loopraam rond. Daar is niks waaroor ek kan kla nie,” het sy teenoor HERAUT gespog.

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

 

Lees ook: https://www.citizen.co.za/heidelberg-nigel-heraut/32843/92ste-verjaardag-n-wonderwerk/

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button