Mafuta’s Taxidermy – wildjagters se eenstop opstop oplossing
Onder leiding van Marlene Nel staan Mafutas se span gereed om daardie prag-trofee in ‘n meesterstuk te omskep.
Met meer as 14 jaar ervaring in die opstop en verwerking van wilde diere se pelse en monitering van horings wat tydens die jagseisoen deur die manne met ‘n passie vir natuur ingesamel is, bied Mafutas Taxidermy ‘n professionele diens waar daar na die persoonlike behoeftes van elke kliënt omgesien word.
Mafutas Taxidermy is op die hoek van Apsey- en Endstraat (langs Ice Cold Bodies) geleë en maak voorsiening om diere naweke en na-ure te onvang. Of dit nou die opstop van ‘n bok, die looi van velle of die montering van horings is, Mafutas bied reeds vir 11 jaar ‘n omvattende, bekostigbare diens aan wildjagters van Heidelberg en omliggende gebiede.
Hul dienste is egter nie tot die plaaslike mark beperk nie aangesien verskeie grootwildjagters van die buiteland ook dikwels aan hul deur klop. Marlene en haar bekwame span het oor die jare die kuns om die karakter van diere waarmee hulle werk vas te vang, bemeester. Hul tegnieke het verbeter en verander en die vorms is aangepas om te sorg dat die finale produk soos die ware jakob lyk.
“Ek is baie bevoorreg dat ek deur die jare met baie unieke diere, insluitende leeus en buffels kon werk. Elke dier waarmee ons werk geniet persoonlike aandag en ons doelwit is om die waardigheid van die dier uit te beeld,” vertel Marlene.
Sy lê egter klem daarop dat Mafutas nie net in die opstop van wild spesialiseer nie. Hulle neem trots daarin dat elke deel van die dier benut word en dat jagters, veral die dames wat nie noodwendig in die bos tyd spandeer nie, byprodukte soos leer geweersakke, handsakke en beursies van die diere kan laat maak.
“Nie almal wil ‘n trofee in die braaikamer hang nie. Ons sorg dat daar opsies is om produkte van die res van die dier vir ons kliënte aan te bied.”
Buiten die kwaliteit werk wat deur jare se ervaring deur die bekwame Mafutas span daargestel word, is dit ook belangrik om te weet dat hierdie Heidelberg onderneming aan die streng vereistes van die veeartsenykundige raad voldoen.
Mafutas slaag elke jaar hul inspeksie met lof en dit stel hulle in staat om in beide die in- en uitvoermark te kompeteer.
Mafutas is beslis ‘n Trots Heidelberg besigheid wat by 072 276 8399 of 076 735 50984 geskakel kan word.
Alternatiewelik kan u hul webtuiste by www.huntingmafutas.co.za besoek.
Volg ons op:



