Laerskool Hannes Visagie Graad 6-leerder Rael du Plessis het haar skool tydens die South African Equestrian Association (SANESA) byeenkoms verlede maand verteenwoordig, waar sy aan die skouspring dissipline deelgeneem het. Rael het algehele tweedeplek behaal en is in die Ekurhulenispan opgeneem wat aan die Gauteng kampioenskappe deelgeneem het. Rael is ook na afloop daarvan vir die Gauteng A-span gekies wat vanaf 1 tot 5 Oktober aan die Suid-Afrikaanse perdrykampioenskappe gaan deelneem.
Talitha Schoeman, Graad 4-leerder van Laerskool Hannes Visagie, het in die dresser dissipline van die South African Equestrian Association (SANESA) byeenkoms deelgeneem, waar sy vir die Ekurhulenispan gekies is. Sy het ook dié provinsie tydens die Gauteng kampioenskappe verteenwoordig.
Laerskool Hannes Visagie Graad 6-leerder Goscgo Selepe het op 3 Augustus tydens die English Spelling Bee, ‘n algehele derdeplek behaal. Sy het ook vir deelname op distriksvlak wat op 17 Augustus plaasgevind het, gekwalifiseer.
Laerskool Hannes Visagie se grondslagfase leerders het verlede kwartaal aan ‘n interne Mental Maths kompetisie deelgeneem, waartydens die volgende leerders vir deelname op distrikvlak gekies is: Graad 1 – Henroe Stander en Damian Bennett (JD Vermeulen was afwesig), Graad 2 – CJ Lourens, Elmoré van Deventer en Sebastian Vermaak. Graad 3 – Jaden du Plessis, Ruan Jacobs, Juan-Ray Castelyn en Deané Wheeler (Life Skills). Jaden het tot by die Mental Maths op distriksvlak gevorder, terwyl Deané aan die Life Skills kompetisie op 15 Augustus deelgeneem het.