Local newsNews
Von Geusau se inwoners rol moue op
Chris van Wyk wou sy uitsig van sy huis na die Blesbokspruit verbeter.
Chris van Wyk wou sy uitsig van sy huis na die Blesbokspruit verbeter. Hoewel die Lesedi plaaslike munisipaliteit die gras gesny het, het hulle nie tot teenaan die spruit skoongemaak nie.
Van Wyk en inwoners van Von Geusaustraat het saamgewerk en ondermeer wattelbome, kakiebos en rommel verwyder. Saterdag het hulle sewe vragte uitgekapte bosse weggery. Chris is dankbaar vir almal wat gehelp het.

Die area is nou meer toeganklik vir inwoners wat die area vir ontspanning wil benut. Vrywilligers wat wil help met die opruiming langs die spruit kan Chris van Wyk by 072 563 9400 skakel.
Volg ons ook op:
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



