Prettige oggend met Heidelberg VLU.
Carla Grobler het ‘n demonstrasie oor hoe om ‘n mochila sak te maak aangebied.
Heidelberg VLU het hul 469ste vergadering op 14 Junie by die AGS Kairos kerksaal gehou.
Hulle het die onlangse kongres bespreek. Die kongres het vir hope pret gesorg, veral toe lede die aandfunksie in prettige en uitspattige hoede bygewoon het. Vanda van Niekerk het staaltjies en stories oor die bekende skrywer Deon Meyer vertel.
As kind het sy pa hom geïnspireer met die vergelyking dat die lewe soos die Karoo is – droog, hard en moeilik, maar as jy die Karoo deursteek, sal jy beloon word met die pragtige Kaapse see aan die anderkant. Hierdie woorde is vandag nog toepaslik in sy lewe.
Carla Grobler het ‘n demonstrasie oor hoe om ‘n mochila sak te maak aangebied.

Die volgende vergadering vind op 13 September om 09:30 by die AGS Kairos kerksaal plaas.
Skakel Wilna Moore by 082 455 5218 vir meer besonderhede.
Volg ons:



