Local newsNews
Heidelberger vroegoggend deur vermeende rower geskiet
Skoot vanuit plafon tref 30-jarige inwoner

‘n 30-Jarige inwoner van Zuidstraat, Rensburg is vanoggend deur ‘n rower in sy huis geskiet. Die man het omstreeks 02:45 in die oggend van 12 September opgelet dat die inspeksiegat in sy huis se plafon oop is. Toe hy nader gegaan het om te kyk, het ‘n vermeende oortreder vanuit die dak op hom geskiet. SAPD Heidelberg is na die woning ontbied en die man is na ‘n nabygeleë hospitaal gehaas. Meer inligting omtrent die voorval en die slagoffer se toestand is nie op hierdie stadium bekend nie.
SAPD Heidelberg ondersoek ‘n saak van poging tot moord en poging tot huisroof.
Volg ons op:
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



