Local newsNews

Heidelberg Rugbyklub vereer top-spelers

Heidelberg Rugbyklub het tydens hul jaarlikse prysuitdeling die klub se beste rugbyspelers vereer asook die nuwe bestuur verkies. Die prysuitdeling het op 29 September plaasgevind.

Heidelberg Rugbyklub se nuwe bestuur vir 2019 is verkies en hulle is;
Evert Kotzé (president)
Sean Greyling (voorsitter)
Gert Visser (vise-voorsitter)
Monique Reynecke (spanbestuurder)
Janika Prinsloo (sekretaresse)
Michelle du Toit (tesourier)
Jaco van Rensburg (hoofafrigter)
Wayne de Waal (klubkaptein).
Heidelberg Rugbyklub het die volgende spelers vir goeie spel gedurende die seisoen vereer:
Shane Jansen is as die voorspeler wat die meeste drieë gedruk het aangewys.
Juandré van Wyk is as die agterspeler wat die meeste drieë gedruk het, sowel as speler wat die meeste punte tydens die seisoen aangeteken het, aangewys. Wayne de Waal het die junior speler van die jaar trofee ontvang.

Voorspeler van die jaar trofee gaan aan Morné Strydom. Agterspeler van die jaar trofee gaan aan Jason van Jaarsveld. Juan Pelser is die klub se mees opkomende speler en JJ Venter die mees toegewyde speler. Morné van der Sandt is as kaptein van kapteins van Heidelberg Rugbyklub aangewys. James Atterbury het die die sportman van die jaar trofee ontvang.

Shane Jansen en Jason van Jaarsveld deel die trofee vir senior speler van die jaar. John Brown ontvang die President trofee.

Shaun Greyling (voorsitter van Heidelberg Rugbyklub) het die spelers met hul prestasies gelukgewens. Hy het gesê dat Heidelberg Rugbyklub vroeg volgende jaar met oefeninge sal afskop om 2019 ‘n meer suksesvolle jaar vir die klub te maak.

 

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button