Local newsNews

Nigel Rugbyklub bekroon beste van die bestes tydens prysuitdeling

Nigel Rugbyklub se prysuitdelingsfunksie het op 29 September by Laerskool Tini Vorster plaasgevind.

Spelers, afrigters en spanbestuurders is met trofeë vir hul harde werk die afgelope seisoen beloon. Na die verwelkoming is lede van die klub vir hul toewyding bedank en het die prysuitdeling ‘n aanvang geneem. Bianca Buys het ‘n toekenning vir mees getroue toeskouer van die jaar ontvang, terwyl Jacques Brits as klubman van die jaar aangewys is.

 
In die o/21-afdeling is die volgende toekennings gemaak: Robert Botes (voorspeler van die jaar en meeste punte aangeteken), Danie Strydom (agterspeler van die jaar en meeste drieë gedruk) en Dwayne Rossouw is as o/21-speler van die jaar aangewys.

 
In die tweedespan-afdeling is Ferdie Snyman as voorspeler van die jaar asook spelerkeuse van die jaar aangewys. Morné Viljoen het ‘n trofee vir agterspeler van die jaar en Olivethu Vuyo ‘n toekenning vir die speler wat die meeste drieë gedruk het, ontvang. Dawie Strauss het die meeste punte aangeteken. Die mees toegewyde tweedespanspeler is Adriaan Cilliers. Ockie Grobler is as tweedespan speler van die jaar aangewys.

 
Eerstespanspeler Erik Ruthen het ‘n trofee vir voorspeler van die jaar ontvang en is ook as die senior speler van die jaar aangewys. Johnny Holm’ner is as agterspeler van die jaar aangewys. Duan Tromp en Johan Kruger het gesamentlik die meeste drieë gedruk en Kruger het ook die eerstespan wisseltrofee (floating trophy) ontvang. Die meeste punte is deur Reon Bezuidenhout aangeteken en hy is ook as bestuur se speler van die jaar aangewys. Frikkie Jansen het ‘n trofee vir mees toegewyde speler ontvang. Jarico van Niekerk het die junior speler van die jaar toekenning ontvang. Mandal Mosikidi is as eerstespan speler van die jaar aangewys.

 
Onder die bestuurslede is Hansie van Wyk (senior) as spanbestuurder van die jaar en Hansie van Wyk (junior) afrigter van die jaar aangewys. Anita Celliers het ‘n trofee vir bestuurslid van die jaar ontvang.

 
Met ‘n totaal van 508 punte, is die eerstespan as Nigel Rugbyklub se beste span van die jaar aangewys.

 

Tydens Nigel Rugbyklub se prysuitdeling is Erik Ruthen as senior Speler van die Jaar, Reon Bezuidenhout as bestuur se Speler van die Jaar en Jarico van Niekerk as as junior Speler van die Jaar aangewys.

 

Louis Bezuidenhout (voorsitter) oorhandig hier trofeë aan tweedespanspelers, Morné Viljoen (agterspeler van die jaar), Ferdie Snyman (voorspeler van die jaar), Dawie Strauss (meeste punte aangeteken), Ockie Grobler (speler van die jaar) en Adriaan Cilliers (mees toegewyde speler). Regs is Hansie van Wyk (senior).

 

Robert Botes is as die o/21-span se voorspeler van die jaar aangewys en het ook ‘n trofee vir spelerskeuse as speler van die jaar ontvang. Hier ontvang hy sy toekennings by Dwayne Knight en Clive Botes.

 

Hier oorhandig die voorsitter Louis Bezuidenhout die Afrigter van die Jaar trofee aan Hansie van Wyk (regs).

 

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button