Heidelberg Klub write-up
Heidelberg Klub het die deure van sy nuut opgeknapte restaurant op 10 Oktober amptelik vir die publiek geopen.
Heidelberg Klub het die deure van sy nuut opgeknapte restaurant op 10 Oktober amptelik vir die publiek geopen.
Die klub is sedert 1888 ‘n gesellige bymekaarkomplek vir menige plaaslike sakemanne en families wat die historiese gebou se rustige atmosfeer ingespan het om van die dag se woelinge te ontsnap. Van die gaste uit vervloë dae was ondermeer Eugene Marais en AG Visser en daar word gesê dat baie van AG Visser se gedigte in dié einste gebou geskryf is.
Met die verloop van jare het talle nuwe eienaars en huurders egter die leisels by mekaar oorgeneem en later het die eens rustige atmosfeer plek gemaak vir middernagtelike eskapades en vuisgevegte. Die klub se reputasie het gedy en getroue besoekers het elders begin soek na ‘n plek vir gesellige samesyn.
Agt weke gelede het die nuwe huurders Carlos en Vicky Neto egter ‘n geleentheid raakgesien om die klub ‘n nuwe baadjie aan te trek en sy negatiewe reputasie af te skud.
Die klub se familie-vriendelike restaurant spog nou met smaakvol gemeubileerde aansit-gedeeltes waar ongeveer 100 mense onder die gesellige klanke van die kuierplek vir ete kan aansit.
Vanaf 09:00 tot 21:00, Maandae tot Saterdae word heerlike etes in die kombuis voorberei en spog die spyskaart met ‘n verskeidenheid watertand disse wat wissel van ontbyt tot middag- en aandetes.
“Ons bedien gesinskos en waarborg dat ons hamburgers die lekkerste in die dorp is,” het Neto gesê.
Met ingang van 31 Oktober word buffet etes vanaf 12:00 tot 16:00 op Sondae bedien, maar dit is belangrik dat voorafbesprekings gedoen word om teleurstelling te voorkom.
Sportliefhebbers en rugbyondersteuners sal ook geneë wees met die feit dat hulle nooit ‘n belangrike sportwedstryd sal misloop nie, want daar is meer as genoeg hoë resolusie televisieskerms vir al die aksie op die sportveld.
Die Netos beplan om binnekort ‘n speelarea vir kinders in te rig en wat veilige parkering betref, is daar meer as genoeg. Hulle het alle verskaffers vir hul hulp en bystand in die opknapping van die klub bedank en nooi die publiek om self die verskil te kom ervaar.
Besoek die klub vandag nog in HF Verwoerdstraat of skakel 082 387 9277 of 076 960 0808 vir algemene navrae of besprekings.
Volg ons op:



