Local newsNews

In Jesus se voetspore na Heidelberg koppie

Die dag word gratis aangebied met verskeie gebedspunte wat op die roete aangetref sal word.

Kruistog: In die voetspore van Jesus, waar inwoners die geleentheid kry om die sowat 1.5km na die kruis op die koppie agter Heidelberg te stap, word vir 13 April beplan.

Die dag word gratis aangebied met verskeie gebedspunte wat op die roete aangetref sal word. Stappers kan enige tyd tussen 09:00 en 14:00 begin stap. Geestelike sangers Judith Kea en Zack Taylor sal vir musiek by die kruis sorg en daar sal ook verversings te koop wees.

Kruistog T-hemde teen R100 (wat voor 13 Maart bestel moet word) en pette teen R80 word te koop aangebied. Die Kruistog sal vir persone wat die roete tot by die kruis moeilik vind, vervoer aanbied.

Veilige parkering sal aan die onderpunt (op die R23 verbypad langs die kloof) beskikbaar wees.

Bestellings vir hemde en pette word by Tinus 065 955 9906 geplaas.

Skakel Poppie by 082 854 4025 vir meer inligting.

 

Volg ons op:
Facebook Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button