Local newsNews

Heidelberg Meals on Wheels se groot ‘soek en ken’ dag het aangebreek.

Die spanne was vol entoesiasme en reg om die fondsinsamelingsprojek aan te pak.

Charl du Toit (voorsitter van Heidelberg Meals on Wheels) het op 17 Junie alle voorbereidings vir die fondsinsamelingsprojek in plek gehad en 09:30 het die eerste span by Sausalito Spur weggetrek met hul eerste leidraad en vraag. Die volgende spanne het met vyf minute tussenposes ook weggespring en so ry almal deur die dorp op soek na leidrade.

 

Daar was twee kategorieë, naamlik besighede en individuele spanne. Elke span het ‘n papier ontvang waarop hulle die antwoorde van die vrae moes neerskryf. Elke span het die eindpunt by Cullinary Express bereik waar hulle die papiere moes ingee vir puntetelling. Spanne het punte ontvang volgens die tyd wat hulle geneem het om die eindpunt te bereik en die vrae wat hulle reg beantwoord het.

In die besighede kategorie het Deon van Wyk en Bouwe Wiersma van die Dorpskombuis eersteplek behaal. Wian Wiersma en Jandré Moll het eersteplek in die individuele kategorie behaal met Patricia Dovale en Kobie Nel kort op hulle hakke in tweedeplek. Al die spanne het met glimlagte hul pryse huis toe gevat.

 

“Baie geluk aan die spanne wat pryse gewen het. Julle was uitstekend,” het Du Toit gesê. “Dankie aan al die besighede sonder wie se borgskappe daar nie pryse sou wees nie,” het Du Toit afgesluit.

Heidelberg Meals on Wheels is van plan om dalk weer ‘n ‘soek en ken’ fondsinsamelingsprojek op 13 Oktober te hou. Hulle nooi die hele dorp om aan die pret deel te neem. Vir meer inligting skakel Charl du Toit by 084 736 2582.

 

Volg ons op:

Related Articles

Back to top button