Local newsMunicipalNews

Bohaai oor bome ongegrond

‘n Ontstelde buurvrou het HERAUT geskakel en gesê dat munisipale werkers skynbaar sonder rede besig is om ‘n akkerboom af te saag.

Lesedi Plaaslike Munisipaliteit se snoei van bome in Hospitaalstraat op 1 Julie het ‘n herrie veroorsaak toe inwoners gedink het dat hulle besig was om baie ou akkerbome af te saag.

 
‘n Ontstelde buurvrou het HERAUT geskakel en gesê dat munisipale werkers skynbaar sonder rede besig is om ‘n akkerboom af te saag. Die vrou het uitgevaar en gesê sy vermoed dat hulle die boom vir vuurmaakhout afsaag.

 
HERAUT het die hulp van Org Fritz (vorige hoof van die munisipaliteit se Parke, Ontspanning en Kerkhowe Afdeling) om hulp genader en hy het die boom as ‘n Plataan geïdentifiseer.

 
Die huiseienaar op wie se sypaadjie die boom staan, het glo die munisipaliteit gevra om die boom te snoei aangesien dit besig is om sy erfmuur te beskadig.

 
Die oorspronklike klaer het gedink dit is ‘n akkerboom wat moontlik honderde jare oud is, maar Org het die boom op nie ouer as 30 jaar geskat nie.

 

Die harige saadballe van die plataan is morsig, laat jou vel jeuk en veroorsaak asemnood by asma- en hooikoorslyers. Onder kan die boom se geweldige wortelstelsel gesien word wat strate en mure beskadig.

Hy het verduidelik dat hoewel platane uitheemse bome is, dit nie in Suid-Afrika as indringer geklassifiseer word nie. Die bome is egter baie sensitief en kwesbaar vir kewers soos die stompkopkewer wat verlede jaar verwoesting in die Suid-Kaap gesaai het.
Die bome het harige saadballe wat daarvoor bekend is dat dit ‘n mens se vel irriteer en ‘n gejeuk veroorsaak. Die saadballe kan ook asemnood by sensitiewe mense (soos asma- en hooikoors lyers) veroorsaak.
Die bome is morsig (dis ‘n bladwisselende boom wat groot blare gedurende herfs/winter afgooi). Die blare is taai en kan tot ‘n jaar neem om af te breek.
Vroeër jare was die bome gewilde sypaadjie plantings, maar intussen het munisipaliteite besef dat die boom se geweldige wortelstelsel geneig is om strate te beskadig. Die boom is ook kontroversieël omdat dit baie water gebruik.
As gevolg van hierdie probleme, word platane nie meer deur munisipaliteite aangeplant nie.

 

Follow us on:

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button