Local news

Ondersteun Somer Straatfees ten bate van Nigel Tuiste vir Bejaardes

Doen jou inkopies en smul aan heerlike kos by die Nigel Tuiste vir Bejaardes somer straatfees.

Die Nigel Tuiste vir Bejaardes hou op 31 Oktober ‘n Somer straatfees op die hoek van Hendrik Verwoerd- en Scarboroughstrate en die publiek word uitgenooi om die dag te gaan geniet.

Die fees bied lewendige musiek, kosstalletjies en ’n vlooimark en skop om 08.30 af.

Geniet die feestelike atmosfeer, snuffel rond by die vlooimark en doen jou inkopies, of bederf jouself met iets lekkers by die kosstalletjies.

Elke aankoop dra by tot die ondersteuning van Nigel Tuiste vir Bejaardes.

Vir navrae, skakel Theresa Scholtz by 082 321 7067 of Christa Spekking by 079 056 5343.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button