Kannetjies speel kookwater rugby
Jeug rugbyklub skud winterroes af.

NIGEL – Suikerbosrand Jeug Rugbyklub het die Valke-liga afgeskop met ‘n rugbydag waaraan agt klubs deelgeneem het.
Noudat die skolerugby seisoen tot ‘n einde kom, is dit tyd om aan te beweeg na klubrugby. Op 13 Julie het Suikerbosrand Jeug Rugbyklub hul eerste ligawedstryde vir die seisoen gespeel.
“Dit was ‘n prettige dag,” het Johan Deyzel (voorsitter van Suikerbosrand Jeug Rugbyklub) gesê.

Die Jeug Rugbyklub het tydens die rugbydag fondse ingesamel wat gebruik gaan word vir rugbyballe vir die klein rugbyspelers.
Suikerbosrand Jeug Rugbyklub se spanne het wedstryde teen onderskeie rugbyklubs gespeel en die eindtellings was soos volg: Die Wildcats (o/6-rugbyspan) 5-9 teen Benoni Jeug Rugbyklub, 5-5 teen Springs Jeug Rugbyklub, die Mustangs (o/7) 6-0 teen Springs se o/7-rugbyspan, 6-5 teen Boksburg Jeug Rugbyklub, 5-5 teen Springs Jeug Rugbyklub, die Thunders (o/8-rugbyspan) 4-7, 3-3 en 0-6 teen Boksburg Jeug Rugbyklub. Die Broncos (o/9-rugbyspan) 0-29 teen Vereeniging Jeug Rugbyklub.

Die Raptors (o/10-rugbyspan) 5-14 teen Vereeniging se o/10-rugbyspan. Die Arrows (o/11-rugbyspan) 0-10 teen Vereeniging se o/11-rugbyspan. Die Rockets (o/12-rugbyspan) 0-45 teen Vereeniging Jeug Rugbyklub. Die Bulldogs (o/13-rugbyspan) 0-58 teen Vereeniging se o/13-rugbyspan.
“Ek wil ‘n spesiale dankie sê aan Hoërskool John Vorster wie se velde ons op kort kennisgewing kon gebruik,” het Deyzel afgesluit. Hy kan vir navrae by 071 175 3421 geskakel word.
| Volg ons op: | ||
![]() |




