Local newsLocal sportNewsSchool sportSchoolsSport
Lucinda vir Gazelle-span opgeraap
Lucinda van der Merwe en Chenay Stoop het van 24 tot 28 Junie in Naboomspruit te Hoërskool Hans Strijdom aan dié toernooi deelgeneem.

NIGEL – Twee netbal eerstespan spelers van Hoërskool John Vorster het die Oos-Transvaalse Bokkiespan tydens die Bokkieweek toernooi verteenwoordig. Lucinda van der Merwe en Chenay Stoop het van 24 tot 28 Junie in Naboomspruit te Hoërskool Hans Strijdom aan dié toernooi deelgeneem.
Die span het uitstekend gevaar. Met 14 wedstryde wat gespeel is, het hul span nege gewen. Gedurende die toernooi was keurders vir die SA Bokkie netbalspan teenwoordig.
Hul het die spelers fyn dopgehou en na afloop van die toernooi is Lucinda tot die o/18 Gazelle netbalspan verkies.
“Ons is baie trots op die meisies,” het Klarinda Stander (afrigter) gesê.
| Volg ons op: | ||
![]() |
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




