Local newsLocal sportNewsSchool sportSchoolsSport
Rugbybulle deur na Virsekerbeker semi-finaal
Drie van Hoër Volkskool se rugbyspanne het gekwalifiseer vir die semi-finaal van die Virsekerbeker.
HEIDELBERG – Drie van Hoër Volkskool se rugbyspanne het gekwalifiseer vir die semi-finaal van die Virsekerbeker. Die skool het besonder goed presteer, veral omdat hulle vanjaar vir die eerste keer in die makro skole (afdeling 1) deelneem.
Die laaste wedstryde van die groepfases is op 20 Julie teen Hoërskool Middelburg op Volkies se velde gespeel, waar die eerstespan met ‘n telling van 45-12 gewen het.
Die o/16A-span het met 29-11 en die o/14A-span met 22-14 gewen.
Volkies se teenstanders moet nog ‘n ronde wedstryde speel voor hulle sal weet teen wie hulle in die semi-finaal in Augustus te staan sal kom.
| Volg ons op: | ||
![]() |
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




