MunicipalNews

Dienslewering in Nigel blykbaar ook in grendelgreep

Algemene dienslewering in die dorps- en woongebiede van Nigel blyk eerder in 'n wurggreep as grendelgreep te wees.

Oral waar jy jou in die dorp mag bevind word jy met lang, onkruid-begroeide gras begroet. Sportvelde se gras is maande laas gesny en self die sypadjies (wat ‘n paar jaar gelede ten duurste met plaveiselsteen uitgelê is) is deesdae met gras en onkruid oortrek.

Die noordelike ingang van die dorp is onlangs deur City of Ekurhuleni (CoE) se parke-afdeling verfraai, maar duidelike tekens van gebrekkige instandhouding begin ook hier sy lelike kop uitsteek, dit terwyl die projek oor vier fases (vir elke hoek van die ingang) moet plaasvind.

Slaggate begin ook oral in die strate vorm en die algemene voorkoms van die dorp is ‘n seeroog.

Gaan die lang gras binnekort gesny word?

Volgend Wollaston Labuschagne (DA raadslid) het hy ‘n stel vrae rondom die probleem oor gebrekkige dienslewering by Ndosi Shongwe (CoE: lid van die burgemeesterskomitee ingedien) maar wag steeds op antwoorde.

Lees meer hieroor in die volgende uitgawe van HERAUT.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button