MunicipalNews

VF Plus spreek munisipaliteite aan oor infrastruktuur kwessies

Tydens 'n virtuele vergadering van die parlementêre portefeuljekomitees vir water, sanitasie, samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) op 29 Julie, het die direkteur-generaal van die departement van water en sanitasie Mbulelo Tshangana, erken dat munisipaliteite landwyd direk bydra tot die verhogings in watertariewe.

“Die feit dat munisipaliteite nie rioolafval effektief bestuur nie en infrastruktuur laat verval, lei tot ernstige besoedeling van die land se natuurlike waterbronne,” het Michael Groenewald (VF Plus-LP en woordvoerder: Samewerkende regering) gesê.

Hy het bygevoeg dat dit groot druk op waterrade plaas om ekstra en duur watersuiweringsmetodes in te span om geskikte drinkwater te lewer. “Dit is onvolhoubaar en skep ‘n bose kringloop wat veroorsaak dat normale waterverbruik onbekostigbaar word.”

Die departement het erken dat daar sedert 2014 geen “blou druppel”- en “groen druppel”-graderings gedoen is nie. Hierdie gradering is juis ingestel om watergehalte te kontroleer en te verseker dat munisipaliteite hul riool- en water-infrastruktuur behoorlik bestuur en onderhou.
Dit het graderingsverslae vir munisipaliteite ingesluit met voorskrifte vir verbetering en regstelling waar nodig. Die regering weet dus nie wat die status van die gehalte water wat aan mense gelewer word is nie. Die VF Plus het ‘n beroep gedoen om die bewaring en bestuur van die land se waterbronne ‘n prioriteit te maak.

Verouderde infrastruktuur en effektiewe rioolbestuur bly ‘n probleem in talle dorpe en Heidelberg is nie uitgesluit nie. Foto’s van rioolbesoedeling in die Blesbokspruit naby die minibus-staanplek in Voortrekkerstraat is op 28 Julie aan HERAUT gestuur. HERAUT het dit onder die aandag van Katleho Seaga (Lesedi Plaaslike Munisipaliteit woordvoerder) gebring en in reaksie het hy gesê die probleem het onmiddellike aandag geniet en daar is gevind dat ‘n verstopte rioolpyp die lek veroorsaak het.

“Munisipale werkers het die rioolpyp op 29 Julie herstel en die probleem is opgelos,” het Seaga bevestig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button