Local newsNews

VLU Nigel-tak reg vir aksie

Die VLU Nigel-tak se dames sien uit na ’n goeie jaar wat vir hulle en die gemeenskap voorlê.

Die vroue van Vroue Landbou-unie se Nigel-tak het Donderdag hul eerste vergadering vir 2021 gehou.

Weens Covid-19 sal daar nie vanjaar enige fisiese konferensies gehou word nie, alhoewel die vroue beplan om hul jaarlikse konferensie op YouTube te stroom.

Die lede is reeds besig om verskeie gemeenskapsprojekte vir die Nigel-streek te beplan. Die volgende vergadering vir die groep sal op 18 Maart plaasvind.

Die groep sal ook hul doen en late bemark deur middel van hul Facebook-blad, wat besoek kan word vir meer inligting.

Indien daar enige spesifieke navrae is, kan Anna-Marie Axer gekontak word by 082 886 2002.

Voorsitter Ronel Lombard (links) met die twee nuwe lede wat aangesluit het. Hulle is Sandra Stroh en Susan van Onslin.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button