Solidariteit Helpende Hand skenk tassies aan laerskool leerders
Solidariteit Helpende Hand (SHH) Heidelberg-tak het op 22 Februarie hul tassie projek afgehandel.
Daar is altesaam 40 tassies, met skryfbehoeftes, aan Graad Een leerders by Laer Volkskool en Laerskool AG Visser afgelewer.
“Met hierdie projek kan daai kind wie nie ’n skooltassie gehad het nie, sy of haar kop optel en met vrymoedigheid hulle skoolloopbaan begin,” het Frik van Niekerk, ’n bestuurslid gesê.
Helpende Hand se ander projekte vir Afrikaanse laerskole is Kosblikkie en Help Hetta projek. SHH het in Maart heropen en sederdien is meer as 600 monde gevoed teen ’n bedrag wat R100 000 oorskry. Behalwe koshulp, word daar ook na die gesinne se holistiese welstand omgesien.
Projekte waarby die gemeenskap betrek word, is onder meer verhoudings, familie, gemeenskap-maand, bemagtig ’n kind, gee om en gee aan, vroue-maand, manne-maand, bejaardes en gestremde persone.
Solidariteit is ’n gemeenskapsorganisasie met die doel om armoede te verlig, voorkom en te verbreek. Die instansie is mens-, waarde- en uitkomsgedrewe en projekte word met duidelike en bepaalde riglyne bestuur.
SHH werk vanuit ’n Christelike waardestelsel en fokus op opheffing deur middel van opleiding en om armoede te verlig deur mense selfstandig te maak en jongmense voor te berei vir die groter wêreld. Juis daarom is hul doelmark skole en hul leerders, maar is ook gerig om armoede in die algemeen aan te pak en kyk dus ook na bejaardes en gestremdes.
Besturende direkteur Hannes Noeth verwys hy na spreekwoorde soos “op die hande te dra” en “doen wat jou hande vind om te doen”.
Maar daar word dikwels onthou van hande wat seermaak en hande wat nie liefde ken nie.
Ernst Voster, die adjunk-uitvoerende hoof, het ge sê, “SHH is die bymekaarkomplek vir hande wat wil help. Al wat ons nou vra is raak betrokke en skep hoop vir ons kinders. Sonder fondse kan ons as vrywilligers nie werk nie.”
Fondse word deur SHH hoofkantoor streng bestuur. Fondse word gebruik vir nasionale projekte sowel as tak projekte. Om fondse te bekom word ondersoekende verslae en bewysstukke verwag. Geen geld word aan ’n individu uitbetaal nie. Dit gaan altyd vir die projek, onderneming of skool.
Deur betrokke te raak as ondersteuner en lid:
• Belê jy in die toekoms van veral jongmense;
• Word jy deel van mense wie omgee en is jy deel van die oplossing, en hoop;
• ra jy by tot meetbare projekte wat ’n verskil maak.
SHH se inisiatief is om 20 lede te werf uit byvoorbeeld ’n skoolopset. Die doel is om in hierdie moeilike ekonomiese tyd skole by te staan met fondse. Vir elke 20 nuwe ondersteuners kan R10 000 aan die skool geskenk word.
“Om al die werk te doen het ons gemeenskap betrokkenheid nodig. Mense kan as vrywillige lid aansluit en ons tak help met al die werksaamhede,” het Van Niekerk gesê.
Om aan te sluit, kontak Van Niekerk per WhatsApp by 079 220 5555, of e-pos vanniekerkfrik1@gmail.com of besoek www.solidaritiethelpendehand.co.za of www.helpendehand.co.za vir meer inligting.






