Local newsNews
VLU Grootvlei-tak skop weg vir die jaar
Die Vroue Landbou-Unie Grootvlei-tak het op 24 Februarie hul eerste vergadering vir die jaar gehou en die jaar op ‘n hoogtepunt afgeskop.
Delene van Nieuwenhuizen, streektesouriere, is terug verwelkom as lid van Grootvlei-tak. Sy het ook aan Marlinda Bekker, voorsitter, haar 20-jaar lidmaatskaptoekenning oorhandig.
Elke lid van die tak is verras met ‘n geskenk van Marlinda Bekker.
Jaco Jacobs, skrywer van die jaar, is behandel deur Marlinda en het gedigte van hom voorgelees.
Prysuitdeling was die hoogtepunt van die dag en lede is beloon vir hulle harde werk.
Marlinda is aangewys as die lid met die meeste punte, Heleen Cornelius het weggestap met die prys vir die tweede meeste punte en Francis Coetzer het die derde meeste punte behaal.
Kontak skakelbeampte Tersia Botha by 082 611 8111 vir meer inligting.