NIGEL – Hoërskool John Vorster het vanjaar ’n nuwe interhuistradisie begin en het reeds voorseisoen ’n atletiekbaan op hul eie sportgronde gebou.
Verlede Saterdag het talle Vossies geesdriftig deelgeneem aan die dag terwyl ouers as beamptes kon optree.
Weens Covid-19 reëls en regulasies kon die skool ongelukkig nie toeskouers op die sportgronde toelaat nie.
Die dag het groot talent van die jong atlete opgelewer en drie langstaande rekords is gebreek.
Die deelnemende atlete het ook trofeë, onder ander die Victor- en Victrix Ludorum, ontvang.
Die toekenning van die Victor- en Victrix Ludorum trofeë word saam deur vyf items bepaal.

Mari Stoltz is aangewys as die junior Victrix Ludorum en Elske Stander as die senior Victrix Ludorum.
Petri Stoltz was die junior Victor Ludorum en Owami Mbatha die senior Victor Ludorum genoem.
Die baan- en veldtrofeë word deur slegs een item bepaal, waar die atleet met die beste prestasie die onderskeie trofeë ontvang.
Marinus Botha het die trofee vir die junior seuns baanatleet ingepalm asook die trofee vir die beste seuns hekkies atleet. Zané Jooste het die trofee vir die junior dogters baanatleet ontvang.
Brandon van Niekerk het die trofee vir die senior seuns baanatleet in ontvangs geneem en Elske Stander het die senior dogters baan trofee huistoe geneem.
Elske het ook die beste hekkies trofee vir die dogters ontvang.
Herald van der Merwe het die junior seuns veldtrofee ontvang en Mari Stoltz die junior dogters veldtrofee.
Stefan Horn het die senior seuns veldtrofee ingepalm en Suné Bekker het die senior dogters veldtrofee. Suné het ook die trofee vir die beste prestasie ontvang.




