Local newsNews

Mooi sypaadjies vir ‘n mooi dorp

Heraut het in die uitgawe van 7 Januarie 2020 vertel van die nege sypaadjies wat plaaslike sakevrou Melinda van der Merwe vervraai en onderhou.

Sy is onlangs deur ‘n kompleks in Jordaanpark genader om dieselfde vir hulle te doen en die sypaadjie en ingang op die hoeke van Steenbok en Bosbok straat was Melinda se 10de projek.

Die kompleks se bestuur het aangebied om die koste vir arbeid en die grond te dek en Melinda het die plante geskenk. Al die plante wat Melinda geplant het is van die vetplantfamilie.

“Vetplante groei maklik in ons omgewing en is maklik om te onderhou,” het Melinda vertel.

Melinda se ooreenkoms met die omliggende inwoners van haar 10 sypaadjies is dat hulle self die tuin onderhou nadat sy die plante geplant en die sypaadjie vervraai het.

Toe sy gevra is hoekom sy dit doen, het Melinda geantwoord: “Ons bly in ‘n mooi dorp waarop ons trots is en as ons elkeen iets kleins doen om dit te behou kan ons saam ‘n verskil maak.”

Melinda het ook vertel van die vetplantjies wat met min of geen water kan klaarkom en hulle dus ideaal maak vir ‘n tuin met lae instandhouding wat in die warmer klimaat in Heidelberg sal floreer. Melinda het agt jaar gelede met haar vetplant tuin by haar eie huis begin en die plante wat sy gebruik vir die sypaadjies kom van stiggies uit haar eie tuin af.

Omdat die plantjies so maklik groei en oorgeplant kan word, kan die stiggies heeltyd gesirkuleer en so by ander tuine geplant word.

Die kruising by R23 en Louw Straat op pad Overkruin toe en die sypaadjie by die dokter spreekkamers by die AG Visser huis is van Melinda se handewerk.
Melinda wil inwoners aanhits om dieselfde te doen en sal raad gee vir enigiemand wat ook ‘n sypaadjie of twee wil vervraai.

Melinda kan vir raad by 072 134 1420 gekontak word.

Grond is omgespit en vetplante geplant, reg om net onderhou te word. Hierdie is een van Melinda van der Merwe se sypaadjie projekte om die sypaadjies van Heidelberg mooi te maak.
Van die vetplant-stiggies wat in Jordaanpark se sypaadjie op die hoek van Steenbok en Bosbok straat geplant is. Al die plantjies is deur Melinda van der Merwe geskenk.
Melinda van der Merwe met die kratte vol vetplant-stiggies wat alles uit haar tuin kom en reg is om geplant te word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button