Local newsNews

Hunters competition in celebrating 24 years

Na 24 jaar in Heidelberg as die enigste wapenwinkel in die dorp is Hunters steeds besig om te vernuwe en uit te brei.

Nico en sy vrou Louisa van Huyssteen is die trotse eienaars van die winkel.

Die 360m² winkel sluit die administrasie kantore en opleidingsfasiliteit in.

Hunters spog met ‘n verskeidenheid produkte soos Strassberger skoene, kamofleerdrag van Sniper, Camo Joe en Stevenson Hamilton en ook Volcano kookware.

Hunters Heidelberg is op alle vlakke geakkrediteer vir opleiding in al die eenheid standaarde wat die man op straat nodig sal hê.

Die opleidingsfasiliteite hanteer ook regulasie 21 vir die sekuriteit industrie vir jaarlikse en halfjaarlikse opleiding.
Hunters Heidelberg is ook aanvaar as ‘n Glock Premier Partner wat beteken dat daar ‘n geregistreerde Glock wapensmid op die perseel is.

Een van die pryse wat te wen is, is die parka baadjie.

Twee lesers kan elke ‘n baadjie wen

Hunters nooi alle kliënte en veral nuwe kliënte om hul 24ste verjaarsdag saam te vier deur deel te neem aan ‘n kompetisie.

Twee gelukkige kliënte kan elk een van twee pryse wen, ‘n Parka baadjie of ‘n jag baadjie.

Al wat jy moet doen is om Hunters te gaan besoek en aan te dui hoeveel diere daar op die parka baadjie verskyn.
Om te kwalifiseer vir die kompetisie moet kliënte wat wil deelneem Hunters self gaan besoek en daar hul inskrywing indien.

Die jag baadjie is ook een van die pryse.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button