Local newsNews

VLU Nigel-tak spog by jaarlikse prysuitdeling

Die VLU Nigel-tak mik hoog vir die volgende prysuitdeling en hoop om meer trofeë huis toe te bring.

Die Vroue Landbou-unie Nigel-tak het onlangs hul 754ste vergadering gehad, waartydens die tak se jaarlikse prysuitdeling ook plaasgevind het.

Tydens die vergadering het Joyce Enslin die vroue op ’n humoristiese wyse laat lag oor vandag se vrou.
Met die e-konferensie wat op 6 Maart plaasgevind het in gedagte, was die jaar se pryse aan die onderskeie dames uitgedeel.

Hettie Botha het vir die kategorie gemengde media 82 persent behaal.

Kitty Bronkhorst het vir haar paletwerk 89 persent behaal, wat ook vir haar die eerste plek in die kategorie beteken het.

Anna-Marie Axer se Kerskouse het ’n welverdiende 94 persent behaal, met ’n gepaardgaande spesiale toekenning in dié kategorie.

Elsa Greyling se jaarprogram het ’n besonderse 91 persent behaal, wat ’n derde plek beteken het. Die VLU Nigel-tak het algeheel tweede plek behaal tydens die e-konferensie.

Tydens die prysuitdeling by die vergadering is Ronel Lombaard aangewys as die lid met die meeste inskrywings en punte, met Anna-Marie Axer kort op haar hakke.

Ander dames wat pryse ontvang het is Amelia Roets, Theresa Scholtz, Tonien Botha, Maty-Lynn Jeffreys, Suzanne Drotsky, Annelien Nel, Susan Valentin, Lettie Roos, Rina Murphy en Nokkie du Toit.

Mabel van Staden het as kompetisie-beampte opgetree en gesorg dat alles vlot verloop het.

VLU Nigel-tak het ook vroeër uitgereik na die werkers van die Nigel Tuiste vir Bejaardes, waar hulle aan al die werkers ’n klein bederfie gegee het.

Anna-Marie Axer (links) was kort op Ronel Lombaard se hakke met die punte en inskrywings.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button