NIGEL – Die straatmyl waaraan die leerders en onderwysers van Laerskool Tini Voster jaarliks deelneem, het Vrydag weer plaasgevind.
Die geleentheid is ’n jaarlikse instelling sedert Bennie Holmner (65) hoof geword het in 1995, ter viering van sy verjaarsdag.
Die leerders wat aan die geleentheid deelgeneem het, het met hope gees om die laerskool en Hoërskool John Vorster gestap.
Die graad sewes het die leiding geneem met die staptog, waarna die kleinspan van graad R en die res van die leerders gevolg het.
Met die leerders se terugkeer na die skoolgronde het elke leerder ’n roomys ontvang waarna hulle saam met hul klasmaats en onderwysers ’n piekniek op die skool se rugbyveld gehou het
Daar was egter ’n demper op vanjaar se straatmyl aangesien dit Holmner se laaste verjaarsdag by die skool was.
Hy beplan om later die jaar af te tree.







