Mildots vaar goed by SA-ope
Heidelberg skietklub Mildots het die naweek van 21 en 22 Maart aan die SA nasionale kampioenskappe deelgeneem.
Dit was die eerste en enigste kampioenskappe vir die jaar en die skuts moes tussen 10m en 50m geskiet het na 75 teikens wat verspeid was oor drie teikens per laan in 25 lane.
Altesaam 38 skuts het deelgeneem.
Francois Opperman was die wenner in die mans afdeling en Kiara Kleynhans die vroue afdeling-wenner.
Mildots is een van vyf klubs wat een keer per maand in Gauteng skiet.
Die wenners van 21 en 22 Maart se kompetisie sou normaalweg as die Protea-span deelneem aan die wêreldkampioenskappe. Weens die pandemie is die jaar se wêreldkampioenskappe, wat in Suid-Afrika sou plaasvind, afgestel.
Vir belangstelling kan Gerhard Strydom by 060 550 6447 gekontak word.




