Local newsNews

Nigel Tennisklub se opedag kruip nader

Die Ope- en Maratondag sal op 10 April omstreeks 12 uur afskop.

NIGEL – Die Nigel Tennisklub nooi die publiek om deel te neem aan die Ope- en Maratondag wat op 10 April sal plaasvind.

Belangstellendes kan egter tydens die opedag ook by die klub as lede aansluit.

Kostes verbonde aan die dag sal gelykstaande wees aan die normale besoekersfooie: R30 vir volwassenes en R15 per kind.

Alle fooie wat ingesamel word, sal aangewend word vir die opgradering en opknappings van die bane en klubhuis.
Verversings sal ook op die dag te koop wees. Die dag sal omstreeks 12 uur afskop en duur tot 5nm.

Diegene wat in die dag wil deel kan inskryf in spanne van twee of vier.

Die klub se bestuur vra egter dat belangstellendes die klub sal kontak sodat die nodige voorbereiding gedoen kan word.

Kontak vir Adam Gilfillan by 082 454 7098 of Marius Smuts by 084 811 6515.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button