Local newsNews

ATKV Heidelberg-tak slag gereed vir nuwe jaar

Die ATKV Heidelberg-tak het 29 Maart hul eerste bestuursvergadering vir die jaar gehou.

Die tak is gretig en gereed om die projekte vir 2021 aan te pak.

“Die pandemie van die afgelope jaar het dit moeilik gemaak om ons take te verrig, maar ons is slag gereed vir die nuwe jaar,” het Francois Furstenburg, voorsitter gesê.

Die jaar se verrigtinge beloof om af te skop met ‘n vasvrae wedstryd vir hoërskoolleerlinge en ‘n leesmarathon by die aftree oorde.

“Alhoewel ons nie baie kon verrig in die afgelope jaar nie, was ons bevoorreg om steeds skenkings te maak vir liefdadigheid en kon ook ‘n skenking maak vir die Voortrekker Monument se instandhouding,” het Furstenburg vertel.

Die Covid-pandemie het die jaarlikse en gewilde liefdadigheidskonsert in die wiele geruim en het nie plaasgevind in 2020 nie.

Afhangende van beperkings vir byeenkomste beoog die tak om later die jaar die konsert te hou met Rina Hugo en Johan van Rensburg as gaskunstenaars.

Die Duet-fees wat jaarliks in Pretoria plaasvind is ook in beplanning. Die ATKV Balfour-tak het by Heidelberg aangesluit en die bestaande bestuur is eenparig herverkies vir nog ‘n diensjaar.

Vir meer inligting kan Francois by 083 227 1522 geskakel word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button