Local newsNews

VLU Rensburg-tak se nuwe bestuur woeker voort

Rensburg VLU-tak het hul bestuursvergadering op 30 Maart gehou.

Die dames het ‘n opwindende oggend gehad waar liefde op allerlei wyse beskryf was. Die voorsitter by Marty Jerling het die vergadering geopen met Fillipense 4 vers 8 en vir die dames ‘n boodskap van ‘Plant yourself again’ gegee voordat sy met gebed geopen het.

Rensburg VLU-tak het tydens die afgelope konferensie die meeste punte behaal vir hul items. Die dames was in hul noppies met hul prestasie en is vasberade om volgende jaar weer so te maak.

Die projekte vir die jaar is bespreek. Een daarvan is die “Dot Art” projek wat ‘n praktiese klas sal wees om die kuns aan te leer. Almal is welkom om dit by te woon teen ‘n koste van R80 vir nie-lede.

Die volgende vergadering sal op 13 April by die Gereformeerde Kerk in Pretoriusstraat om 9.30vm plaasvind.
Vir meer inligting kan Carol du Plessis by 083 233 9624 gekontak word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button