Local newsNews

VLU Rensburg-tak leer Dot Art-tegniek

VLU Rensburg-tak het op 13 April vergader.

Voorsitter Marty Jerling het die vergadering geopen en almal teenwoordig verwelkom. Die nuwe streeksvoorsitter is Elize Coetzee en die tak het hul gelukwense betuig.

Die tak het die meeste punte verwerf tydens die Goue Suide Konferensie in Maart. Carol du Plessis het die meeste punte verwerf met haar projekte. Marty het ’n tweedeplek en Maggie Kriel ’n derdeplek behaal.

Volgende maand vind die prysuitdeling plaas.

Tydens die vorige vergadering was katkosboksies uitgedeel wat die dames moes versier en dit is beoordeel.

Esra Leibold het eerste prys gewen, Marty tweede en Jeanie Boshoff derde. Die dag se spenstrekking is deur Letitia Erasmus gewen.

Die tak is ook druk besig met fondsinsamelingsprojekte vir die jaar, onder andere, vetplantjies plant in bottels vir die VLU Franfort-tak en ’n lootjie waar ’n geraamde fluweelmat wat deur Carol du Plessis geskenk is gewen kan word.

Vir 14 September word daar ’n sop-en-sjerrie aand beplan waar ’n “silent auction” gehou sal word. VLU Rensburg-tak samel plastiekdoppies en knippies van broodsakkies vir rolstoele in.

Hulle maak ook sanitêredoekies bymekaar vir behoeftige dogters en tioletbenodighede soos seep, tandepasta, deodorant en handeroom vir die bejaardes.

Voor die tee geskink is, is die dames na die afloop van die vergadering deur Dirk Coezee gewys hoe om ’n Dot Art-artikel te maak.

Die volgende vergadering sal op 18 Mei by die Hervormde Kerk in Pretoriusstraat plaasvind.

Vir enige navrae rondom die tak kan Carol du Plessis by 083 233 9624 gekontak word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button