Local newsNews
Volkie familie visvangdag sorg vir pret
Laer Volkskool het die familie visvang-geleentheid by die Boschkop Oord langs die Vaaldam gehou.
Laer Volkskool het onlangs ’n familie visvangdag by die Boschkop Oord, Vaaldam, aangebied.
Gesinne het met gees die dag aangepak en kon vanaf 7vm lyne in die water gooi.
Diegene wat die grootste en kleinste visse uitgetrek het, het ook kans gestaan om pryse te wen. Justin Conté het met die prys vir die grootste graskarp, wat met ’n gewig van 5.16kg gespog het het, weggestap.

Andrew White het die grootste modderbek, wat 1.27kg geweeg het, uit die water getrek. Jeanine Swart het die grootste baber met ’n gewig van 10.87kg gevang en CJ du Plessis het die grootste karp gevang, wat 3.615kg geweeg het.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



