Local newsNews

Verwoestende brand eis eienaar se lewe

Die afgelope naweek het in ’n tragedie geïndig nadat ’n familiehuis in Coen Labuschagnestraat, Rensburg, in ’n brand vernietig is en die eienaar in die brand gesterf het.

“Ek en ’n huisvriend, Andries du Plessis, het omstreeks 12.35nm by my ouers se huis aangekom en gesien dat daar baie rook by hul bure se kaggel uitkom.

“Ek het oorspronklik gedink dit is net die kaggel vuur, maar met nadere ondersoek besef dat die vlamme buite beheer is,” het Kobus Boshoff vertel.

Kobus het vanaf sy ouers se agtererf oor die grensmuur gespring, aan deure geklop, vensters probeer stukkend slaan en by ’n sydeur van die huis die oorledene se vrou in ’n toestand van skok gekry.  Intussen het Kobus se vrou, Yolandi Boshoff, president van die Heidelberg Besigheidskamer, die nooddienste gekontak.

Volgens Kobus was die vlamme en rook oral en huishoudelike items het gebars en begin ontplof. Nog bure het opgedaag en het probeer om deur die brand te kom om vlamme te blus en die oorledene te vind. Volgens Kobus het die meubels begin brand en geen van die vrywilligers op die toneel kon nie weer toegang tot die huis kry nie.

Die nooddienste het opgedaag en die oorledene gevind.  Ongelukkig was hy reeds dood. Yolandi het haar innige simpatie teenoor die gesin uitgespreek.

Vrywilligers en bure in die gemeenskap was vinnig op die toneel om hulp te verleen nadat vlamme hoog bo die huis se dak uitgekom het.

“Dit is ’n verskriklike ding wat gebeur het. My man en Andries het alles gedoen wat hulle kon. Ons innige simpatie gaan aan die familie,” het Yolandi gesê.

Sy het ook die gemeenskap se vinnige hulp en bereidwilligheid geprys.

Die familie van die oorledene is nog in skok en het gevra dat die media en publiek hul versoek om nie op die stadium met die media te praat nie, sal respekteer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button