Local newsNews

Finale Dot Art klas vir Rensburg VLU dames gehou

Rensburg VLU-lede en belangstellende gaste het op 30 April bymekaar gekom vir ’n laaste klas in Dot Art.

Die klas is aangebied deur Esra Leibold, waar Dirk Coetzee, van Alberton, ’n finale klas aan die dames gegee het.
Dirk het tyd gemaak om elkeen touwys te maak.

“Dirk is ’n uitstekende leermeester in Dot Art en geniet dit altyd om so saam met die dames te werk,” het Caroline du Plessis, die woordvoerder, gesê.

Dot Art is een van die VLU se projekte wat hulle moet inhandig.

Die tak se volgende byeenkoms vind plaas op 18 Mei by Vaal Marina, waar Joanie Geldenhuys die sameroeper vir die dag se verrigtinge sal wees. Dit is dan ook hulle prysuitdeling en die tema van die dag sal Vandag se Vrou wees.

Vir meer besonderhede oor Rensburg VLU kan Carol du Plessis gekontak word by 083 233 9624.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button