VLU dames leer die tegniek van loodglashekel
Op 6 Mei het die lede van Rensburg VLU bymekaar gekom by Elmarie Eygelaar se huis om die fyner kuns van loodglashekel te leer.
Nadat Trudie Potgieter die reëls van hekel verduidelik het, het Carol du Plessis die riglyne gelees wat die VLU vir die hekel van loodglas vereis.
Die lede het saam gesels en die reëls bespreek. Lede het voorbeelde gemaak van hoe loodglashekel moet lyk, asook patrone onder mekaar bespreek.
Die lede het weereens ’n lafenis geniet na die vergadering en Elmarie is bedank vir die gebruik van haar huis.
Die volgende byeenkoms is die inligtingsoggend in die Palm Kerksaal in Vereeniging op 17 Mei.
Die voorbeelde van loodglashekel sal dan daar vir die dames gewys word en die vereistes verduidelik word.
Op 18 Mei is die volgende maandvergadering wat by Vaal Marina by Joanie Geldenhuys se huis sal plaasvind en sal ook die prysuitdeling van die tak wees.
Kontak Carol du Plessis by 083 233 9624 vir engie inligting van die tak se bedrywighede.





