Local newsNews

VLU-vroue geniet ’n Spaanse-oggend

Die vroue het meer oor die kultuurryke land van Spanje te wete gekom.

Die lede van die Nigel VLU-tak het op 13 Mei ’n Spaanse-oggend geniet.

Met die oog op die tema vir die maandelikse vergadering, naamlik Internasionaal, het gasvrou Annatjie van der Merwe gesorg dat die vroue ’n genotvolle en interessante vergadering beleef.

Van der Merwe het die lede van dinamiese en kultuurryke land Spanje vertel en ook gefokus op Spaansedanse en -geregte.

Annatjie van der Merwe het gesorg dat die kos wat voorsien was ook met die Spaanse tema ooreenstem.

Die vroue was ook bederf met paella na afloop van die vergadering wat perfek by die tema aangesluit het.

Die tak se volgende vergadering sal op 10 Junie plaasvind. Belangstellendes sal verwelkom word. Vir meer inligting kontak Anna-Marie Axer by 082 886 2002.

Annatjie van der Merwe het as gasvrou opgetree en getrou aan die tema soos ‘n Spaanse danser aangetrek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button