Toegangbeheer in Jordaanpark amper ‘n werklikheid
Die toegangbeheerprojek in Jordaanpark is amper 'n realitiet.

Na regshulp ingeroep is en hofuitsprake in die Jordaanpark se forum se guns was, kan inwoners amper begin uitsien na die veiligheid van toegangbeheer.
Die forum bestaan reeds 13 jaar en met die bydraes van die inwoners was daar al met groot sukses verskeie projekte aangepak om die buurt veiliger te maak vir almal.
Een van die projekte wat binnekort op die horison sal wees is die oprig van valhekke by die ingange.
“Die versoek om toegangbeheer sal die 19 Mei in die staatskoerant geplaas word vir insette. Indien daar na 30 dae geen groot teenkanting is nie gaan ons dan begin met die toemaak,” het Willem Sprong, die voorsitter, gesê.
Om aan te sluit by die Jordaanpark forum kan ‘n e-pos aan admin@jordaanpark.co.za gestuur word.




