Alles en meer by GR Landmark en Voere
GR Landmark en Voere hou ’n markdag op 29 en 30 Oktober om hul nuwe winkel in te lyf.
GR Landmark en Voere, geleë te Albertstraat 2 in Heidelberg, vier die inlywing van hul nuwe winkel met ’n gesellige markdag hierdie naweek.
Kom loer gerus na die wye verskeidenheid produkreekse wat beskikbaar is, hierdie is meer as net ’n plaaswinkel.
Is jy ’n nutsman? Hier is gereedskap te kies en te keur.
Kontrakteur? Basiese hardeware en boumateriaal is nou beskikbaar teen markverwante pryse.
Tuin entoesias – dis die plek vir jou met tuingereedskap, saad, kompos en plaagbeheerprodukte. ’n Volledige besproeiingsreeks is ook beskikbaar.
Troeteldiere, hondekos, katkos, voëlsaad, viskos, beddens, dierespeelgoed, lekkernye, ontwurming en vele meer om jou diere kinders mee te trakteer.
Modebewus? Geen probleem, kom kyk na ons Boerboel klerereeks! Vellies, hoede, kortbroeke en hemde.
Huishoudelik en décor, jy sal verseker ’n paar items vind wat jy nie geweet het Landmark het nie. Verfmeng-diens is ook nou beskikbaar.
Loodgieter, dis jou winkel, ons het nou ’n uitgebreide reeks beskikbaar. Geen projek te klein of te groot om te diens nie. Opgeleide en ervare personeel is beskikbaar om die gemeenskap te bedien met advies oor ’n breë spektrum onderwerpe.
Die aanlynwinkel is ook gewild, doen jou inkopies net waar jy wil. Nuwe produkte word weekliks gelaai op ons aanlynwinkel, so maak seker jy loer gereeld in om te sien wat nuut is en voordeel te trek van die “online exclusive” aanbiedinge.

Kom gesels met die produkkenners wat op die markdag hier gaan wees oor ’n projek wat jy beplan en stap met die regte gereedskap en benodighede weg. Tydens die markdag sal daar ook geleentheid wees om verskeie masjinerie te toets.
Besoek gerus die webblad by grfeeds.co.za om meer van hierdie dinamiese onderneming op jou voorstoep te lees.
As deel van die Essential-groep, ondersteun GR Landmark en Voere ook die plaaslike DBV met ’n massiewe kos skenking na aanloop van hulle markdag.
Die publiek is welkom om deur aankope in die winkel ook verder by te dra tot hierdie skenking om ons plaaslike DBV se gemeenskapsdiens te ondersteun.
Kom vier hierdie markdag saam met GR Landmark en Voere, die geleentheid beloof om plesier aan oud en jonk te verskaf met verskeie verskaffers wat teenwoordig gaan wees om hul produk kennis en kundigheid met die publiek te deel – kom rig gerus jou vrae aan die kenners!
Daar is hope gelukkige trekkings en pryse wat deur die verskaffers beskikbaar gestel is wat deur die loop van die twee dae uitgedeel gaan word.
Saterdag is die dag vir gesinne met kinders. Enige aankope in die winkel kwalifiseer al die kinders in die gesin vir ’n gratis ponierit.
Daar sal ook ’n speelarea wees waar kleuters tyd kan verdryf terwyl hulle ouers inkopies doen; ingang na die speelarea is gratis.

Ons plaaslike kleuterskool, Pienkie Ponkie, hou toesig oor die kleuters in die speelarea en gaan ook worsbroodjies, jantjies, pannekoek en chip sticks verkoop op die dag.
Kom ondersteun hul kosstalletjies.
Vrydag is gefokus op die boer. Agri-verskaffers wat die dag bywoon is Epol, Molatek, Voermol, Shell, Barenbrug Saad, Jojo Tanks, Afrivet, Virbac en Voerdokter.
Kom besoek die markdag op 29 Oktober vanaf 07:30 tot 17:00 en 30 Oktober vanaf 07:30 tot 13:00.
Sien jou daar!



