Local newsMotoringNewsSport

Klubrugby skop af

Heidelberg Rugbyklub wen eerste wedstryd van die jaar.

Op 5 Februarie het klubrugby weer afgeskop in Heidelberg.

Die Heidelberg Rugbyklub het gasheer gespeel vir die eerste vriendskaplike wedstryd van die seisoen teen Edenvale Panthers op Hoër Volkskool se rugbyveld.

Die senuwees het geknaag en daar was talle foute gemaak deur altwee spanne.

Edenvale het eerste bloed geruik en die eerste drie gedruk.

Daarna het Heidelberg ’n drie gaan druk en was ook met ’n strafdrie beloon.

Die Heidelberg Rugbyspan draf op die veld.

Ongelukkig deur geniepsige spel moes die skeidsregter van die Blou Bulle, Hendrik Wessels, ingryp en die spanne kortvat.

Die halftydtelling was 14-7 in Heidelberg se guns.

Die tweede helfde was gelykop gewees en elke span kon een keer agter die doelyn kuier.

Edenvale het eerste ’n drie gaan dru,k wat verdoel, was en soos die tyd uitgeloop het, het Heidelberg gaan druk.
Die vervyfskop was verbou. Met die eindfluitjie het Heidelberg geseëvier met 19-14.

Heidelberg se punte is aangeteken deur Roaan Viljoen en Jason van Jaarsveld en vervyfskop deur Jason van Jaarsveld.

Die rugbyspanne van Edenvale Panthers en Heidelberg skrum. Die skeidsregter was Hendrik Wessels van die Blou Bulle.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button