Local newsNews

Besigheid skep kanker bewustheid

’n Fondsinsamelingsgeleentheid was op Wêreldkankerdag gehou.

Nic Bottari Toyota het op Wêreldkankerdag (4 Februarie) ’n bewustheidgeleentheid gehou om geld in te samel vir diegene wat deur kanker geraak word.

Kolwyntjies en koffie was ten bate van die fondsinsameling op die dag verkoop.

Werknemers van die besigheid en lede van die publiek kon hul hare spuitverf, hul hare skeer en hul gesigte verf tydens die geleentheid.

Die besigheid het verlede jaar meer as R20 000 ingesamel vir die Childhood Cancer Foundation SA (CHOC).

CHOC is ’n landswye, nie-winsgewende organisasie met die doel om diegene wat geraak word deur kinderkanker se stryd minder moeilik te maak.

Die organisasie bied beide ondersteuning en sorg vir kinderkanker deur middel van verskeie ondersteuningsprogramme.

Amanda Erasmus maak gereed om kanker oorlewende Annelie Taljaard se hare te sproei.

Vanjaar het Nic Bottari Toyota met ’n nuwe veldtog ter voordeel van kankerbewusmaking begin. Die veldtog, genaamd Close the Care Gap, sal ook oor die volgende twee jaar strek.

“Die doel van die veldtog gaan daaroor om die ongelykhede in kanker versorging regoor die wêreld te verstaan en te herken,” het Nic Bottari oor die nuwe veldtog wat hulle ondersteun gesê.

Die veldtog gaan daaroor om met ’n oop gemoed na kanker versorging te kyk, asook om aannames daar rondom uit te daag en na die verskeie feite van kankerversorging te kyk.

Bottari meen dat faktore soos inkomste, opvoeding, ligging en diskriminasie gegrond op ras, geslag, ouderdom en gestremdhede net ’n paar van die faktore is wat kankerversorging negatief kan beïnvloed.

“Baie dankie vir elkeen wat die dag en geleentheid ondersteun het,” het Bekile Ndobe, ’n werknemer by die besigheid, gesê.

Meer inligting rakende die fondsinsamelingsveldtog, waarvan alle fondse aan CHOC geskenk word, kan op die Nic Bottari Toyota Facebook-blad gevind word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button