Local newsNews

Sagies spog met nuwe klaskamer

Die skool se nuwe klaskamer is amptelik op 1 Maart geopen.

Laerskool Hannes Visagie het op 1 Maart ’n nuwe Graad RR-klas onthul.

Klaas Visser het die klas se sleutels aan Nadine Rheeder oorhandig.

“Ons is bevoorreg om te kan sê dat ons Graad RR-klasse soveel kinders het om nog ’n klas te kan volmaak,” het skoolhoof Madéle van Vuuren gesê.

Die Graad RR-groep is opgewonde oor hul nuwe klaskamer.

“Baie dankie aan Klaas Visser, wat al voorheen vir ons projekte hier by die skool aangepak het, wat vir ons die nuwe klas aanmekaar gesit het.”

Martin Fourie het die lint gesny en die klaskamer amptelik geopen.

Van Vuuren het ook elke ouer en onderwyser wat ook hul hulp en ondersteuning tot die nuwe klas bygedra het, bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button