Local newsNews

Staaltjies gedeel by die Suikerbosrand Canopy

Oorsporonklike Parabat spreek veterane toe.

Op 27 September 1960, het 15 lede van die destydse Suid-Afrikaanse Weermag vanaf Jan Smuts lughawe (nou OR Tambo) na Engeland vertrek om aan ‘n valskerm kursus deel te neem.

Die manne het einde 1960 teruggekeer Suid-Afrika toe.

Met die stigting van een Valskerm bataljon op 1 April 1961 by Rooiplaas, het dié lede die kern gevorm van die stigterslede.

Van al die lede wat aan die kursus in Engeland deelgeneem het is Ronnie Claasen (84) en Ysterman van Niekerk die enigste oorlewendes.

Suikerbosrand Canopy in Heidelberg was bevoorreg om onlangs vir van Niekerk as gas te kon verwelkom.

Tussen sy staaltjies deur het hy genoem dat almal wat by die vergadering was deel vorm van ‘n hegte broederskap en dat elke lid deur sy swaarkry, terwyl hulle in die Parabats was, en met broeder samewerking hulle vlerkies met trots kan dra.

Ronnie Claassen het die Suikerbosrand Canopy toegespreek.

“Ons moet nie in sak en as sit en aanhoudend kla nie, ons kan altyd iemand anders help,” het hy bygevoeg.
“Tussen 1961 en 1994 het Suid-Afrika tussen 12 000 en 15 000 valskermspringers opgelei.”

Die volgende bymekaarkoms van die Suikerbosrand Canopy is Vrydag 11 Maart.

Die gasspreker is Kobus Hoon en sy praatjie gaan handel oor sy tyd by die Padvinders.

Lammie Strauss van Suikerbos Canopy (regs) groet tydens die byeenkoms vir Kiewiet Bronkhorst wat binnekort na die Kaap verhuis.

Almal is welkom om die geleentheid by te woon.

Begintyd is 18:30 waarna die ‘n bring en braai gehou sal word.

Vir verdere inligting kontak gerus vir Tommie Ankiewicz by 082 441 1566 of Lammie Strauss by 072 155 2447.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button