Die Heigel Fotoklub het op 5 Maart hulle jaarlikse prysuitdeling gehad vir die foto’s wat deur 2021 ingeskryf was om beoordeel te word.
Die uitblinkers was Carin du Preez en Alida du Toit.
Du Preez is aangewys as die fotograaf van die jaar, met die wenfoto getiteld Mooiste Daglelie.
Du Toit is aangewys as die junior fotograaf van die jaar, met die wenfoto getiteld Inadequate Meal.
Die nuwe bestuur is ook tydens die geleentheid bekendgestel en bestaan uit Francois van Jaarsveld (voorsitter), Nicolaas Smith (ondervoorsitter), Reg van Deventer (tesourier) en Annatjie Smith (sekretaresse).

Die fotoklub se temas vir die res van die jaar is April: Kosmos, Mei: Op die Tafel, Junie: Sterre Fotografie, Julie: Skilder met Lig, Augustus: Portretstudie van ’n Persoon, September: Voëls in Vlug, Oktober: Straattoneel met Bome wat Bot en November: Abstrak.
Van Jaarsveld het ’n uitnodiging gerig aan enigiemand wat deel van die fotoklub wil wees.
Vir enige navrae kontak vir Van Jaarsveld by 083 659 9657.



