Local newsNews

Vossies se nuwe hoof aangestel

“Die verantwoordelikhede bly natuurlik dieselfde, maar dit is nou ’n realiteit.”

Johan Louwrens, wie vir die afgelope agt maande by Laerskool Tini Vorster as waarnemende hoof opgetree het, is op 12 April amptelik as skoolhoof aangestel.

“Ek is baie dankbaar en opgewonde oor die aanstelling,” het Louwrens gesê.

“Die verantwoordelikhede bly natuurlik dieselfde, maar dit is nou ’n realiteit.”

Louwrens het sy onderwysloopbaan in 1990 by Hoërskool Dr EG Jansen begin, waarna hy as departementshoof by Laerskool Rynfield en Laerskool Selectionpark aangestel is.

Hy het in 2017 as adjunkhoof by Laerskool Tini Vorster aangesluit.

“Dit gaan ’n groot uitdaging wees, maar met skitterende personeel, leerders, beheerliggaam en ’n positiewe en ondersteunende gemeenskap glo ek sal ons hiervan ’n sukses maak,” het Louwrens gesê.

Hy meen dat dit hom op sy hart lê om die beste moontlike onderrig en geleenthede aan elke kind in die skool te bied om sodoende hulle volle potensiaal te kan bereik.

“Mag Laerskool Tini Vorster met God se genade ’n baken van hoop en trots in Nigel se gemeenskap wees en bydra tot die positiewe opvoeding van die jeug in ons pragtige dorp,” het Louwrens gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button