Local newsNews

Helpende Hand skenk gebreide items

Helpende Hande word uitgereik na SunfieldHome.

Solidariteit Helpende Hand Heidelberg-tak het op 9 Mei besoek gebring aan die Sunfield Home Fortuna in Balfour waar hulle gordyne, serpe, truie en gebreide pantofels aan die inwoners geskenk het.

“Dit was wonderlik om te sien hoe die skenking waardeer is. Dit is duidelik dat Sunfield baie meer hulp benodig,” het Frik van Niekerk, voorsitter van Helpende Hand gesê.

Van die items wat benodig word is onder meer kombuisware soos koppies, borde, tafelgerei, wasgoed mandjies, voedsel,‘n voertuig, sleepwa, verf, klere en onderklere, asook toiletware.

Vir bydraes kontak Frik van Niekerk by 079 220 5555.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button