NewsSchools

Volkskool karateka ontvang SA kleure

Volkskool karate studente ontvang SA kleure.

Met goeie vertonings by die onlangse SAJKA Karate Kampioenskappe het vier karateka van Hoër Volkskool die oog gevang.

Elizabeth Rautenbach, Chriselda Viljoen, Ruben Venter en Phillip Damon, wat buitemuurs aan karate deelneem, is gekies om nasionale kleure te ontvang.

Rautenbach (14) het ‘n goue medalje ontvang vir kata en kumite in die Elite dogtersgroep.

Viljoen (14) het ‘n silwer medalje vir kumite en ‘n brons medalje vir kata in die Elite dogtersgroep ontvang.

Venter (15) het ‘n silwer medalje vir kata in die Elite sesunsgroep ontvang en Phillip Damon (16) het ‘n brons medalje in die Elite seunsgroep verwerf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button