Local newsNews

Eenheid Vlakvark staan sterk

Die Weermag Veterane beplan verskeie byeenkomste in Nigel.

Nigel se Weermag veterane eenheid het op 25 Junie as deel van Operasie Geelvink by die Italian Club in Nigel bymekaargekom.

Daar was besprekings gehou rakende die Vlakvark Eenheid en toekomstige planne wat gemeenskap bywoning en deelname insluit.

Na die vergadering was daar ‘n braai vir die lede gehou.

Operasie Geelvink.

Altesaam 45 lede het die geleentheid bygewoon, met twee nuwe lede wat aangesluit het.

Eenheid Vlakvark wat in Nigel gebaseer is, het nou altesaam 190 lede.

Die volgende vergadering word beplan vir 27 Augustus.

Daar word ook beplan om op 11 September ‘n kerkdiens vir die veterane in Nigel te hou.

Lede van die Vlakvark Eenheid tydens die vergardering wat deel is van die Suid-Afrikaanse Weermag veterane.

Op 24 September gaan hulle ‘n byeenkoms hou waar die hele gemeenskap betrokke kan wees. Dit sluit in ‘n 2.4km pretstap, kettieskiet en granaatgooi.

Die Nigel en Heidelberg gemeenskappe word uitgenooi om die dag saam te ondersteun.

Besonderhede oor die geleentheid sal later bekend gestel word.

Vlakvark Eenheid.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button