Inwoners blus self vlamme voor brandweer opdaag
Die brand het omstreeks 14:00 by die woning uitgebreek.
‘n Brand by ‘n woning in Laversburg het op 15 Augustus omstreeks 14:00 uitgebreek.
Volgens ‘n werker by die woning, wat anoniem wil bly, was sy en die inwoners van die huis daar toe die vuur uitgebreek het.
Sovêr vasgestel kon word het die brand groot skade aan die woning se voorkamers gerig.
Die brand het klaarblyklik vinnig deur die dak versprei.
Die eienaar, wat nie sy naam genoem wil he nie, meen dat die brand in die sitkamer begin het.
Gert-Louis van Wyk, ‘n buurman het gesê inwoners van die dorp moet paraat wees aangesien ‘n brand maklik kan uitbreek.
“Ongelukke gebeur baie vinnig,” meen van Wyk.

Alhoewel die brand spoedig aangemeld was, het die Nigel Brandweer nie daarop gereageer nie.
Volgens inligting, wat ontvang is, beskik die Nigel brandweer nie oor die nodige toerusting om te kon help nie.
Lede van die Tsakane Brandweer het ongeveer 15:00 by die woning aangekom.
Die oorsaak van die brand word ondersoek.
HERAUT het navraag by die Stad van Ekurhuleni gedoen oor waarom die Nigel Brandweer nie op die brand kon reageer nie.



