Local newsNews

Nigel SAWV reël groot pret vir Erfenisdag

Die pretdag sal op 24 September by die Hoërskool John Vorster sportgronde plaasvind.

Die SAWV se Eenheid Vlakvark reël ‘n familiedag wat op 24 September by die Hoërskool John Vorster Sportgronde gaan plaasvind.

“Die dag sluit onder andere ‘n 2.4km stap of draf, handgranaat gooi en kettie skiet in,” het Karel Groesbeek, voorsitter van die eenheid gesê.

“Oud en jonk word genooi om die dag te kom geniet en ook verskeie stalletjies te besoek.

“Die publiek is ook welkom om hul troeteldiere saam te bring.”

Die dag se gebeure skop om 08:00 af en kostes beloop R30 per persoon en R10 per troeteldier.

“Die gelde wat ons vir die troeteldiere ontvang sal vir die DBV geskenk word,” sê Groesbeek.

Kerke en skole in die omgewing kry tydens die pretdag verniet stalletjies.

Die Vatvas Dansorkes sal ook tydens die pretdag optree.

Inskrywingsvorms vir deelname kan gekry word by Laerskool Hannes Visagie, Laerskool Tini Vorster, Hoërskool John Vorster, die Ferryvale of Nigel Apteke, Groesbeek en Retief Prokureurs en by Ecology.

Vir meer inligting kan die volgende nommers gekontak word: 011 739 5871, 065 900 0368 of 083 260 2957.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button